Date/Time
Date(s) - 05/07/2019
8:00 pm - 10:45 pm
Categories
Die Tarentaal Teater bied aan…Manie Jackson & DZL
WANNEER – 5 Julie 2019
WAAR – Die Tarentaal Teater, Rustenburg
TYD – 20hoo
KOSTES – R150p.p ( Etes vanaf R80 )
Kontak Natasha vir meer inligting – 072 442 2783
Bring die hele familie en kom geniet die aand saam met ons.
MEER OOR MANIE JACKSON: Manie het in 1997 sy debuut op die verhoog gemaak en ‘n jaar later het hy sy eerste album, Wie Sal Weet, vrygestel. Deur die jare het hy sy merk op die Afrikaanse musiekbedryf gemaak en kan nie voorbly moet optredes nie. Sy optredes vind aandklank by die hele gesin. Sy nuwe album ‘Liefde en Genade’ is ook onlangs uitgereik en is ook vir ‘n Ghoema Toekenning benoem. Manie is ook vanjaar as die Publiek se gunsteling manklike sanger by die Ghoemas aangewys.
ONTMOET DZL: Dis nou nie iets wat jy aldag raakloop nie; twee sangers wat ook gerekende modelle is. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie het in September 2014 vir die eerste keer saam op die verhoog verskyn nadat Wiaan die plek moes inneem van Andries se kitaarspeler, wat ’n dubbele bespreking gemaak het. Hulle het kort daarna ’n kontrak met ’n platemaatskappy gesluit. Hul debuutalbum, DZL, het in 2016 die lig gesien en is vir twee Ghoema-toekennings benoem insluitende Beste Country Album. Hulle tweede album, Realiteit, is in April 2018 vrygestel en talle snitte van die album was as top enkelsnitte deur radiostasies regdeur die land aangewys.