Date/Time
Date(s) - 19/07/2025
10:00 am
Categories
NET VIR DIE DAMES – 5 VROUENS EN EK
(FONDSINSAMELING VIR FRANCO )
Francois Boyce van Hoezit Samelewing is ’n dinamiese motiveringspreker met ’n ongeëwenaarde
vermoë om harte aan te raak en gees aan te wakker.
Sy optredes neem jou op ’n emosionele rollercoaster
– jy gaan lag, jy gaan tjank, en jy gaan diep dink oor jou eie lewe.
Met ’n unieke kombinasie van humor, eerlikheid en insig bring Francois
vars perspektief op alledaagse uitdagings.
Hy praat reguit, maar altyd met ’n warm hart en ’n dryfkrag om ander op te hef.
As jy gereed is om jou kop en jou hart te skuif, dan is Francois die inspirasie wat jy nodig het.
WANNEER – 19 Julie 2025
WAAR – Pretoria Barnyard Menlyn
TYD – 10 uur vm
KAARTJIES – R160 per persoon
Navrae – 071 136 0096 / E-mail: letsgetfrancotofrance@gmail.com
Bespreek jou kaartjies vandag nog: Barnyard Theatre
Eet -en-drinkgoed kan op die site vooraf bestel word of by die venue self
HELP HIERDIE ONGELOOFLIKE JONG TALENTVOLLE
RUGBY SPELER OM SY DROME ‘n REALITEIT TE MAAK